Galg

’n Galg in die Rutland County Museum.
’n 19de-eeuse galg in Amerika.

’n Galg is ’n stellasie waarmee terdoodveroordeeldes gehang word. In ou stede het dit dikwels op die sentrale stadsplein of buite die stadsmure gestaan waar teregstellings plaasgevind het. In moderner tye is dit dikwels in tronke opgerig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy