Gameet

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Geslagsel.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Twee menslike gamete verenig vir bevrugting.

’n Gameet (van die Antieke Griekse γαμετή gamete, "vrou"[1]) is by organismes wat seksueel voortplant, ’n sel wat tydens bevrugting met ’n ander sel verenig. In spesies wat twee morfologies verskillende soorte gamete vervaardig en waarin elke individu net een soort vervaardig, vervaardig ’n vroulike organisme die grootste gameet – die eiersel (of ovum) – en die manlike organisme die kleiner paddavisagtige gameet – die spermsel. Dit is ’n voorbeeld van anisogamie of heterogamie, wanneer die manlike en vroulike individue gamete van verskillende groottes vervaardig, soos by die mens (die menslike eiersel is sowat 100 000 keer so groot soos die manlike spermsel).[2][3] By isogamie is die manlike en vroulike gamete ewe groot en het hulle dieselfde vorm.

Elke gameet bevat die helfte van die genetiese inligting van ’n individu, een ploïed van elke soort, en word geskep deur meiose. Die term "gameet" is deur die Oostenrykse bioloog Gregor Mendel geskep.

  1. "gamete" (in Engels). Online Etymology Dictionary. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2016.
  2. Marshall, A. M. 1893. Vertebrate embryology: a text-book for students and practitioners. GP Putnam's sons.
  3. Yeung, C., M. Anapolski, M. Depenbusch, M. Zitzmann, and T. Cooper. 2003. Human sperm volume regulation. Human Reproduction 18:1029.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy