Geirangerfjord

Geirangerfjord*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Geirangerfjord, soos gesien vanuit die Flydalsjuvet.
Ligging van Geirangerfjord op 'n kaart (Noorweë)
Geirangerfjord
Geirangerfjord
Ligging van die Geirangerfjord in Noorweë
Koördinate: 62°06′00″N 07°05′00″O / 62.10000°N 7.08333°O / 62.10000; 7.08333
Lande Vlag van Noorweë Noorweë
Tipe Natuur
Kriteria vii, viii
Verwysings 1195
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2005  (29ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Geirangerfjord (Noors: Geirangerfjorden) in die Sunnmøre-streek van die provinsie (fylke) Møre og Romsdal is een van die bekendste fjorde in Noorweë wat deur Unesco sedert 14 Julie 2005 as 'n wêrelderfenisgebied gelys word.

Die fjord, wat sowat 200 kilometer noordoos van Bergen en 280 kilometer noordwes van Oslo geleë is, het 'n lengte van vyftien kilometer en is 'n sytak van die Storfjord ("Groot Fjord"). Die Geirangerfjord is – saam met 'n ander Wes-Noorse fjord, die Nærøyfjord – die langste en diepste fjord ter wêreld. Die rotswande aan sy weerskante troon 1 400 meter bo seevlak uit en strek 'n verdere 500 meter tot by die seebodem. Watervalle, gletsermere en bosgebiede langs die rotswande maak deel uit van die fjordlandskap. Die dorp Geiranger is sowat 100 kilometer van die kus af aan die eindpunt van die fjord geleë.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy