Gekkedag

'n Gekkedag-grap om die konstruksie van die Kopenhagense Metro in 2001 te bemark.

Gekkedag of Aprilgekkedag is 'n tradisie waar mense jaarliks op 1 April poetse bak en met mekaar die gek probeer skeer. Dit is nie 'n openbare vakansiedag nie.[1]

Die doel is om jou niksvermoedende vriende en familielede te probeer uitvang. Die grappe kan mense lekker vir mekaar laat lag. Omsigtigheid moet egter aan die dag gelê word om te keer dat mense hulle nie bloedig vererg of om mense te erg te ontstel nie.

In sommige lande is gekkedag slegs in die oggend. Mense wat in die namiddag sulke grappe maak word dan self as gekke afgelag.

  1. Pasop vir poetse op Gekkedag[dooie skakel], Die Burger, 1 April 2003

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy