Gentianales

Gentianales
Gentiana cruciata
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Gentianales

Families
Sinonieme

Gentianales (Oleanderagtiges) is die botaniese naam vir 'n orde van tweesaadlobbige plante. Die naam is van die familienaam Gentianaceae ontleen. Die orde bestaan uit meer as 16 000 spesies in ongeveer 1138 genera in vyf families.[1] Meer as 80% van die spesies behoort aan die familie Rubiaceae. Van die bekende lede van die orde is koffie, frangipani en selonsroos.

Die orde is kruid of houtagtige plante met deurgaans teenoorstaande, enkelvoudige blare en reëlmatige blomme, waarvan die kranse uit vier of vyf dele bestaan. Hoewel die orde uit slegs vier families bestaan, bevat elkeen van hierdie families ’n groot aantal spesies.

  1. (en) Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III". Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy