Geomerking

'n Geomerkte foto van die Jan Joubert's Gat-brug buite Franschhoek

Geomerking (leenvertaling uit Engels, geotagging, en leenwoord uit Noors) of geo-etikettering, is die proses om media te voorsien van GPS-koördinate. Onder media kan bedoel word 'n foto, video, webwerf, SMS of RSS-voer. Geomerking word meestal gebruik vir foto's. Die GPS-koördinate wat toegevoeg word bestaan meestal uit 'n lengte- en breedtegraad, maar ook hoogte, rigting en die noukeurigheid van die GPS-meting kan deur hierdie tegniek vasgelê word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy