Geslagsklier

’n Geslagsklier, voortplantingsklier of gonade[1] is ’n gemengde klier wat die gamete (geslagselle) en geslagshormone van ’n organisme vervaardig. In die manlike lid van die spesie is die voortplantingselle die sperma en in die vroulike lid is dit die eierselle. Die manlike geslagsklier, die testikel, vervaardig sperma en die vroulike klier, die eierstok, vervaardig eierselle. Albei hierdie gamete is haploïede selle.

  1. "Gonade" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 16 Oktober 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy