Godescalc-evangelistarium

Christus in majesteit
Miniatuur met Lukas die evangelis (fol. 1r) van die geskrif

Die Godescalc-evangelistarium is 'n geïllustreerde manuskrip wat tussen 781 en 783 vermoedelik gemaak is in Aken in opdrag van Karel die Grote en sy vrou Hildegard. Die boek bevat die evangelietekste wat gelees is tydens die misvieringe van die liturgiese jaar, en is dus 'n evangelistarium. Volgens die toewydingsgedig van 48 verse agter in die manuskrip, is dit geskryf deur Godescalc, 'n Frankiese skrywer. Die gedig noem ook Karel en Hildegard as opdraggewers. Daar word gesê dat dit gemaak is om Karel die Grote se reis na Rome te herdenk. Tydens daardie reis, wat in 781 begin het, is sy seun Karloman gedoop deur Pous Hadrianus in die doopkapel van Sint-Jan van Laterane. Die miniatuur van die “fontein van lewe” op folium 3 verso sou byna seker na hierdie doop verwys.[1]Die werk is die oudste manuskrip van die sogenaamde Ada-groep of Hofskool van Karel die Grote.[2]

  1. Lawrence Nees, Keizerlijk Netwerken in Meesterlijke Middeleeuwen, Miniaturen van Karel de Grote tot Karel de Stoute, 800-1475, 2002, Davidsfonds Leuven p.92
  2. Florentine Mütterich, Die Erneuerung der Buchmalerei am Hof Karls des Grossen, Mainz 1999, pp.560-609.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy