Gonorree

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Gonorree
Klassifikasie en eksterne bronne
Gonokokkale letsel op die vel
Gonokokkale letsel op die vel
ICD-10 A54
ICD-9 098
DiseasesDB 8834
MedlinePlus   007267
eMedicine article/782913
MeSH D006069
Mediese waarskuwing

Gonorree is 'n seksueel oordraagbare infeksie wat veroorsaak word deur die bakterie Neisseria gonorrhoeae.[1] Onbehandelde gonorree kan soms versprei om die gewrigte of hartkleppe te affekteer.[1][2]

Gonorree word versprei deur middel van seksuele kontak met 'n besmette persoon. Dit sluit orale, anale en vaginale seks in. Dit kan ook oorgedra word van 'n ma na 'n kind tydens geboorte. Diagnose word gemaak deur die toets van urien, die uretra in mans en die serviks in vroue.[1] Dit word aanbeveel dat alle vroue jonger as 25 jaar wat seksueel aktief is jaarliks getoets moet word – sowel as diegene wat nuwe seksmaats het .Dieselfde aanbeveling is van toepassing op mans wat seks het met mans.[3]

Gonorree kan voorkom word met die gebruik van kondome, deur seks te beoefen met net een persoon wat onbesmet is en deur onthouding van seks.[3][1] Behandeling vind gewoonlik plaas met ceftriaxone deur inspuiting en azithromycin wat mondeliks geneem word. Weerstand het ontwikkel teen voorheen gebruikte antibiotika en hoër dosisse van ceftriaxone is soms nodig.[4][5] Hertoetsing word aanbeveel drie maande na afloop van die behandeling.[3] Seksuele vennote van die laaste 2 maande moet ook behandel word.[1]

Gonorree affekteer ongeveer 0.8% van vroue en 0.6% van mans.[6] Na raming vind  33 106 miljoen nuwe gevalle elke jaar plaas, uit die 498 miljoen nuwe gevalle van geneesbare seksueel oordraagbare siektes (SOS) – wat insluit sifilis, chlamydia, en trigomoniase.[7][8] Infeksies in vroue kom mees algemeen voor terwyl hulle jong volwassenes is.[3] In 2013 is nagenoeg 3,200 sterftes veroorsaak; 'n styging vanaf 2,300 in 1990.[9] Beskrywings van die siekte dateer so ver terug as die Ou Testament.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 <"Gonorrhea – CDC Fact Sheet (Detailed Version)".
  2. 2,0 2,1 Morgan, MK; Decker, CF (August 2016).
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Workowski, KA; Bolan, GA (5 June 2015).
  4. "Antibiotic-Resistant Gonorrhea Basic Information".
  5. Unemo, M (21 August 2015).
  6. Newman, Lori; Rowley, Jane; Vander Hoorn, Stephen; Wijesooriya, Nalinka Saman; Unemo, Magnus; Low, Nicola; Stevens, Gretchen; Gottlieb, Sami; Kiarie, James; Temmerman, Marleen; Meng, Zhefeng (8 December 2015).
  7. Global Burden of Disease Study 2013, Collaborators (22 August 2015).
  8. Emergence of multi-drug resistant Neisseria gonorrhoeae (Report).
  9. GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (10 January 2015).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy