Google LLC | |
Tipe | Dogtermaatskappy van Alphabet Inc. |
---|---|
Gestig | 4 September 1998[1][2] |
Hoofkantoor | Mountain View, Kalifornië[3], Verenigde State |
Sleutelpersone | Eric Schmidt (hoof uitvoerende beampte) Larry Page (voorsitter van die Raad en medestigter) Sergey Brin (medestigter) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | internet, rekenaarsagteware, telekommunikasieuitrusting |
Produkte | Google Chrome Google-soekenjin Chrome OS Pixel-slimfone |
Inkomste | $59,82 miljard[4] (2013) |
Bedryfsinkomste | $13,96 miljard[4] (2013) |
Netto inkomste | $12,92 miljard[4] (2013) |
Werknemers | 103 459 (1ste kwartaal 2019) |
Moedermaatskappy | Alphabet Inc. |
Dogter- maatskappye | AdMob, DoubleClick, On2 Technologies, Picnik, YouTube, Zagat, Waze, Blogger, SlickLogin, Boston Dynamics, Bump, Nest Labs, DeepMind Technologies, WIMM One, VirusTotal |
Webwerf | google.com |
Google LLC (NASDAQ: GOOG) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins (waarvan die bekendste die onderneming se naam dra), wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak».[5]
Google is in September 1998 deur Larry Page en Sergey Brin, twee Ph.D.-studente aan die Kaliforniese Stanford-universiteit, in die motorhuis van 'n vriend gestig. Die onderneming se hoofkantoor, Googleplex, is in Mountain View, Kalifornië geleë. Die maatskappy het op 19 Augustus 2004 op die Amerikaanse beurs genoteer.