Google

Hierdie artikel handel oor die Amerikaanse maatskappy. Vir die soekenjin, sien gerus Google-soekenjin. Google LLC (NASDAQ: GOOG) is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins (waarvan die bekendste die onderneming se naam dra), wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak». Google is in September 1998 deur Larry Page en Sergey Brin, twee Ph.D.-studente aan die Kaliforniese Stanford-universiteit, in die motorhuis van 'n vriend gestig. Die onderneming se hoofkantoor, Googleplex, is in Mountain View, Kalifornië geleë. Die maatskappy het op 19 Augustus 2004 op die Amerikaanse beurs genoteer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy