Grabouw

Grabouw
Grabouw is in Wes-Kaap
Grabouw
Grabouw
Koördinate: 34°9′0″S 19°1′0″O / 34.15000°S 19.01667°O / -34.15000; 19.01667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitOverberg
Plaaslike MunisipaliteitTheewaterskloof
Bevolking
 • Totaal16 000
TydsoneUTC+2 (SAST)
Ingang en toring van die NG kerkgebou op Grabouw.
Historiese geboue in Grabouw

Grabouw is 'n dorp in die munisipaliteit Theewaterskloof van die Overberg-distrik (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika), met sowat 16 000 inwoners. Grabouw is genoem na die Duitse dorp Grabow, die geboortedorp van sy stigter. Dit lê in die Groenlandvallei en is die handelsentrum van die bekende Elgin-appelstreek, wat meer as 'n derde van die jaarlikse appelproduksie in Suid-Afrika oplewer. 65 persent van alle Suid-Afrikaanse appels, wat uitgevoer word, word in Grabouw en sy omgewing geoes. Grabouw het nou ook bekendheid vir sy wynplase verwerf. Die N2 nasionale pad gaan by Grabouw verby.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy