Hoeveelhede van grepe
| ||||
---|---|---|---|---|
SI-voorvoegsels | Binêre voorvoegsels | |||
Simbool (naam) |
Standaard- gebruik |
Historiese gebruik |
Simbool (naam) |
Waarde |
kG (kilogreep) | 10001=103 | 10241 | KiG (kibigreep) | 210 |
MG (megagreep) | 10002=106 | 10242 | MiG (mebigreep) | 220 |
GG (gigagreep) | 10003=109 | 10243 | GiG (gibigreep) | 230 |
TG (teragreep) | 10004=1012 | 10244 | TiG (tebigreep) | 240 |
PG (petagreep) | 10005=1015 | 10245 | PiG (pebigreep) | 250 |
EG (eksagreep) | 10006=1018 | 10246 | EiG (eksbigreep) | 260 |
ZG (zettagreep) | 10007=1021 | 10247 | ZiG (zebigreep) | 270 |
YG (jottagreep) | 10008=1024 | 10248 | YiG (jobigreep) | 280 |
’n Greep (Engels: byte) is die kleinste adresseerbare gedeelte van ’n rekenaargeheue. Met adresseerbaar word bedoel dat dit nie moontlik is om minder as een greep tegelyk na die geheue te skryf of daarvan te lees nie.
By moderne rekenaars bestaan ’n greep uit 8 bisse. Een greep is ’n groep van agt bisse wat saam gebruik word.
Soms word die waarde van ’n greep weergegee as twee heksadesimale syfers; daarby word die greep opgedeel in twee groepe van vier bisse elk. Die groepe word halfgrepe genoem.
Naam | Hoeveelheid | Naam | Hoeveelheid | |
---|---|---|---|---|
kilo (k) | 1000 | kibi (Ki) | 1024 | |
mega (M) | 1 000 000 | mebi (Mi) | 1 048 576 | |
giga (G) | 1 000 000 000 | gibi (Gi) | 1 073 741 824 | |
tera (T) | 1 000 000 000 000 | tebi (Ti) | 1 099 511 627 776 |