Guillotine

'n Guillotine in die museum van Bruchsal (Duitsland).

'n Guillotine is 'n toestel waarmee mense (as 'n vorm van doodstraf) onthoof word. Die toestel gebruik 'n valbyl wat 'n persoon se kop op 'n besonder vinnige en (so word veronderstel) pynlose manier afkap. Dit is vir die eerste keer algemeen tydens die Franse Revolusie gebruik.

'n Guillotine bestaan ​​uit 'n swaar lem (valbyl) wat vertikaal in 'n raam op en af beweeg. Die lem is aan 'n katrol geheg wat dit ophys. Wanneer die katrol vrygestel word, val die lem as gevolg van swaartekrag op die gevangene se kop neer, wat dit dan afsny.

Histories is guillotine-agtige toestelle in die Middeleeue uitgevind en reg oor die hele Europa aangewend (soos in Skotland met hul "Scottish Maiden"). Die guillotine is egter vir die eerste keer algemeen in Frankryk tydens die Franse Revolusie van 1789 gebruik. Dit was destyds die enigste wettige manier van teregstelling in Frankryk gewees. Dit is ook algemeen in lande soos België, Duitsland, Swede en sommige Switserse kantons gebruik. Aangesien hierdie lande die doodstraf afgeskaf het, word die guillotine vandag nie meer gebruik nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy