Handbal

Piktogram wat Handbal aandui
Handbalspeler op die aanval
Aanteken van 'n doel
'n Vinnige skermutseling

Handbal is 'n spansport waar twee spanne van sewe spelers elk (ses veldwerkers en 'n doelwagter) die bal in die opponente se doelgebied probeer ingooi. Die veld is 40 meter lang by 20 meter breed met 'n doelgebied van 2 by 3 meter aan beide kante van die veld. Die doelgebied is soortgelyk, maar kleiner as die wat tydens sokkerwedstryde gebruik word. Maar anders as sokker, word die bal met die hande eerder as die voete hanteer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy