Handewas

Handewas

Handewas, wat ook verwys na handhigiëne, is die prosedure om 'n mens se hande te reinig (skoon te maak) met die doel om grond, vet, mikro-organismes of ander ongewenste stowwe te verwyder.

Handewas met seep op sekere kritieke oomblikke gedurende die dag kan voorkom dat baie siektes versprei word, byvoorbeeld diarree en cholera, wat via fekale-orale kontak oorgedra word. Mense kan ook besmet raak met asemhalingsiektes soos griep of verkoue, byvoorbeeld as hulle nie hul hande was voordat hulle hul oë, neus of mond raak nie (m.a.w. die slymvliese).

Mediese handhigiëne verwys na higiënepraktyke wat met mediese prosedures verband hou. Handewas voordat medisyne of mediese behandeling toegedien word, kan die verspreiding van siektes voorkom of verminder. Die doel van die was van hande is om die verspreiding van patogene (bakterieë, virusse of ander mikro-organismes wat siektes kan veroorsaak) te keer en chemikalieë wat skade of siektes kan veroorsaak af te was. Dit is veral belangrik vir mense wat kos hanteer of op die mediese gebied werk, maar ook 'n belangrike praktyk vir die algemene publiek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy