Helios | |
---|---|
Alexander die Grote as Helios. Romeinse kopie van die Griekse oorspronklike
| |
Naam | Helios |
God van | Die Son |
Blyplek | Hemel |
Gade | Perse, Klumene |
Ouers | Huperion en Teia |
Sibbes | Selene en Eos |
Kinders | Die Grasieë, Faiton, Aietes, Kirke, Pasifae |
Romeinse eweknie | Sol |
Helios (Grieks: Ἥλιος) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Hy was die verpersoonliking van die Son.
Helios was die seun van die Titane Huperion en Teia (Hesiodus) of Eurufaissa (Homeros) en die broer van die godinne Selene (Maan) en Eos (Daeraad). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir son, maan en daeraad.