Hemelpool

Baan van die noordelike hemelpool tussen die sterre.
Baan van die suidelike hemelpool tussen die sterre.

Die hemelpole is in sterrekunde denkbeeldige punte in die lug wanneer die aarde se pole verleng word. Daar is ’n noordelike en ’n suidelike hemelpool.

As iemand dus op die Aarde se noord- of suidpool staan, sal onderskeidelik die noordelike en die suidelike hemelpool reg bo hom wees. In die noorde word dié punt min of meer gemerk deur die noordelike poolster, Polaris. In die suide is geen ster wat helder en na genoeg aan die pool is om die suidelike poolster te wees nie. Die Suiderkruis word gebruik om die suidelike hemelpool te bepaal, omdat dié sterrepatroon se vertikale as daarheen wys.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy