Herbertsdale

Herbertsdale
Herbertsdale is in Wes-Kaap
Herbertsdale
Herbertsdale
Koördinate: 34°1′0″S 21°46′0″O / 34.01667°S 21.76667°O / -34.01667; 21.76667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitMosselbaai
Oppervlak
 • Totaal0,35 km2 (0,14 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal622
 • Digtheid1 777/km2 (4 600/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Ds. H.S. Pretorius, eerste NG leraar van Herbertsdale.

Herbertsdale is 'n klein dorpie aan die suidelike helling van die Outeniekwaberge. Dit is geleë 53 km noordwes van Mosselbaai in die vallei van die Langtourivier ('n sytak van die Gouritsrivier). Die R327-streekroete draai by PetroSA noordwaarts uit die N2 nasionale pad en via die Du Plessispas lei die pad verby Herbertsdale en met die Cloetespas oor die berge na Van Wyksdorp en Ladismith. Die dorpie val in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy