Hervormingsdag

'n Pamflet wat ter geleentheid van die honderdste jaardag van Martin Luther se hervorming versprei is

Hervormingsdag (Duits: Reformationstag) is 'n kerklike feesdag wat deur Evangelies-Lutherse Christene in Duitsland op 31 Oktober ter herdenking van die kerkhervorming deur Martin Luther gevier word.[1] Op 31 Oktober 1517 het Luther sy geloofsbelydenis in 95 stellings aan die deur van die slotkerk te Wittenberg vasgespyker.

Portret van Martin Luther deur Lucas Cranach die Ouere, 1528

In Switserland word die eerste Sondag in November as Hervormingsdag gevier. Ondanks dié land se gereformeerde belydenis het ook die Switserse Hervormingsdag die hervorming in Wittenberg as godsdienstig-geskiedkundige agtergrond.

  1. (de) Evangelische Kirche in Deutschland: Reformationstag. Besoek op 31 Oktober 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy