Hesperide

Die Hesperides (Grieks: Ἑσπερίδες) was in die Griekse mitologie nimfe wat ’n lieflike tuin in die verre westelike deel van die wêreld versorg het. Dit was naby die Atlasgebergte in die hedendaagse Tanger, Marokko, geleë op die rand van die omringende Okeanos, die wêreldoseaan.

Hulle was die dogters van die Titaan Atlas en in die meeste mites drie, nes die Grasieë.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy