Heup

Heupbene word in rooi aangedui.

In gewerwelde anatomie, verwys heupbeen (Latyn: "os coxae" in die mediese vakterminologie) na 'n groot beenstuk wat deur vergroeiing van die dermbeen, skaambeen en sitbeen ontstaan. Saam met die heiligbeen en die heupbeen aan die ander kant van die werwelkolom vorm dit die bekken.

Die heuparea is lateraal geleë en by volwassenes is daar drie bene in die pelvis wat skakel aan die heupbeen.[1]

Die heupgewrig, wetenskaplik na verwys as die (art. coxae), is die gewrig tussen die femur en die acetabulum van die pelvis. Sy primêre funksie is om die ondersteuning van die gewig van die liggaam in beide statiese (bv. staan) en dinamiese (bv. loop of hardloop) posisies te ondersteun. Die heup gewrigte speel 'n baie belangrike rol in die behoud van balans, en vir die handhawing van die bekken inklinasie hoek.

Pyn in die heup, kan as gevolg van verskeie redes wees insluitend die senuweestelsel, osteoartritis, inflammasie, trauma of genetiese oordrag.

  1. "hip region". MediLexicon. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2018. Besoek op 2 Augustus 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy