Hitteruiler

'n Silindriese hitteruiler.

'n Hitteruiler is 'n toestel wat gebou is om die doeltreffende warmteoordrag van een medium na 'n ander te bewerkstellig, hetsy die media geskei is deur 'n soliede wand om te keer dat hulle meng of in direkte kontak is.[1] Hulle word gebruik vir binnenshuise verhitting, verkoeling, lugversorging, kragstasies, chemiese- en petrochemiese aanlegte. 'n Algemene voorbeeld van 'n hitteruiler is die verkoeler van 'n motor, waar die warm verkoelingsvloeistof in die enjin die warmte oordra na die lug wat deur die verkoeler vloei.

  1. Sadik Kakaç and Hongtan Liu (2002). Heat Exchangers: Selection, Rating and Thermal Design (2nd uitg.). CRC Press. ISBN 0-8493-0902-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy