Honfleur

Honfleur
Vieux Port, die historiese hawe van Honfleur
Vieux Port, die historiese hawe van Honfleur
Wapen van Honfleur
Wapen
Honfleur is in Frankryk
Honfleur
Honfleur
Koördinate: 49°25′11″N 0°14′02″O / 49.41972°N 0.23389°O / 49.41972; 0.23389
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Basse-Normandie
Département Calvados
ArrondissementLisieux
KantonHonfleur
Regering
 • BurgemeesterMichel Lamarre
Oppervlak
 • Stad13,67 km2 (5,28 vk. myl)
Hoogte
0–117 m (0–384 ft)
Bevolking
 • Stad7 425
 • Digtheid543/km2 (1 410/vk. myl)
 • Metro
17 632
Poskode
14600
Skakelkodes14333
Webwerfville-honfleur.com

Honfleur is 'n hawestad in die département Calvados (Frankryk) met 'n bevolking wat in 2017 op 7 425 beraam is. Die stad, wat sowat 200 km noordoos van Parys en 90 km oos van Bayeux aan die suidelike oewer van die Seinemonding teenoor die groot seehawe en nywerheidstad Le Havre geleë is, staan veral bekend vir sy ou hawe wat ook 'n vasmeerplek vir kleiner plesierbote (jagte) bied. Die seilregatta van Honfleur word jaarliks in September in die Seinebaai gehou.

Historiese vakwerkboukuns

Alhoewel Honfleur naby die geallieerde landingsplekke in Normandië op 6 Junie 1944 - Utah Beach, Omaha Beach, Gold Beach, Juno Beach en Sword Beach - geleë was, het die stad oorlogverwoesting gespaar gebly.

Honfleur se huise langs klein historiese straatjies bekoor met kleurryke fasades wat - net soos die heuwellandskap in die omgewing - 'n gewilde motief vir skilders soos die "vader van Franse realisme" Gustave Courbet, Jean-Baptiste Camille Corot, Eugène Boudin, Claude Monet en die Nederlander Johan Barthold Jongkind was. Die belangrikste verblyfplek vir die kunstenaarskring was Ferme Saint-Siméon onder leiding van Mère Toutain, 'n plaashuis teen die stadsrand wat in die middel van die 19de eeu as tradisionele gashuis (auberge) gedien het.

Die kenmerkende skilderstyl van die école de Honfleur speel 'n beduidende rol in die impressionistiese beweging. Honfleur se Sint Katharinakerk (Église Sainte-Catherine) is die grootste sakrale houtgebou in Frankryk met twee skepe en 'n vrystaande kloktoring.[1] Die historiese vakwerkhuise rondom die kerk, wat onder meer kunsgalerye en restourante huisves, is 'n tradisionele ontmoetplek vir kunstenaars.

Die Pont de Normandie, wat Honfleur met Le Havre verbind, is in 1995 ingewy en behoort tot die langste brûe in Europa.

  1. "Calvados Tourisme: Église Sainte-Catherine. Besoek op 5 September 2020". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2020. Besoek op 5 September 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy