Hulk

Bruce Banner
Hulk
’n Beeld van die betrokke karakter.
Hulk se wasbeeld in Madame Tussauds, Londen.

Skepping
Eerste verskyning The Incredible Hulk #1 (Mei 1962)
Geskep deur Marvel Comics
(Stan Lee, Jack Kirby)
Inligting
Ander name Robert Bruce Banner[1]
Byname Joe Fixit, World-Breaker, Immortal Hulk/Devil Hulk, Jade Giant, Jade Jaws, Doc Green, Guilt Hulk/Guilt, War
Spesie Mutant
Geslag Manlik

Die Hulk is 'n superheld wat in Amerikaanse strokiesverhale van Marvel Comics verskyn. Die karakter is deur die skrywer Stan Lee en kunstenaar Jack Kirby geskep, en het in Mei 1962 die eerste keer in die debuutuitgawe The Incredible Hulk verskyn. Die karakter, wat dissosiatiewe identiteitsteuring het, word hoofsaaklik verteenwoordig deur dr. Robert Bruce Banner, 'n fisiek swak, asosiale en teruggetrokke dokter; en sy alter ego die Hulk, 'n groen, supersterk humanoïed (niemens met 'n menslike vorm). Albei voel gegrief teenoor mekaar.

  1. Cronin, Brian (3 November 2005). "Comic Book Urban Legends Revealed #23". Comic Book Resources. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy