IAST

Die Internasionale Alfabet van Sanskrit Transkripsie (Engels: International Alphabet of Sanskrit Transliteration) (IAST) is 'n algemene transliterasieskema wat die verlieslose romanisering van Indiese skrifte moontlik maak.

IAST is die mees algemene skema vir die romanisering van Sanskrit en Pali. Dit word baie keer in gedrukte publikasies gebruik, veral in boeke wat handel oor antieke Sanskrit en Pali onderwerpe verwant aan Indiese gelowe. Die beskikbaarheid van Unicode lei ook daartoe dat dit word ook toenemend vir elektroniese tekste gebruik word.

IAST is gegrond op 'n standaard wat deur die International Congress of Orientalists gevestig is in Genève in 1894.[1] Dit laat toe vir verlieslose transliterasie van Devanāgarī (en ander Indiese skrifte, soos die Sharada-skrif), en verteenwoordig in die opsig nie slegs die foneme van Sanskrit nie maar laat ook essensieel fonetiese transkripsies toe (byvoorbeeld: Visarga is 'n allofoon van die woord-finale r en s).

Die National Library at Kolkata romanization, bedoel vir die gebruik van die romanisering van alle Indiese skrifte is 'n uitbreiding van IAST.

  1. History of Skt. transcription and 1894, Rapport de la Trans. [1]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy