IBAN

Aanneming van IBAN ██ IBAN struktuur gedefinieer ██ IBAN struktuur is met SWIFT geregistreer en is aktief ██ Land is 'n gedeelte van SEPA ██ Land gebruik die Euro

Die IBAN is 'n afkorting vir International Bank Account Number (Internasionale bankrekeningnommer) en is formeel deur ISO 13616:1997 gedefinieer. Die konsep van die IBAN is deur die Europese Unie om handel tussen verskeie lande te vergemaklik geïnisieer.[1] Dit word tans [April 2023] in meer as tagtig lande gebruik. Die meeste van die lande is in Europa en die Midde-Ooste, maar sluit ook in, onder andere, Brasilië en Pakistan.[2] Sedert 2014 is die IBAN die enigste bankrekeningnommer wat vir euro-banktransaksies in die EU gebruik mag word.[3]

  1. (en) "IBAN Standard Implementation Guidelines – SIG203 V4" (PDF). European Committee for Banking Standards. Desember 2000. 9.3 Ordering customer. Besoek op 3 Augustus 2014. IBANs make validation possible for telebanking, FEDI {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IBANRegistry
  3. "Over op IBAN" (in Nederlands). Betaalvereniging Nederland. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2016. Besoek op 6 Augustus 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy