IWork

iWork
Kort opsomming van die logo.

Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 11 Januarie 2005[1]
Nuutste weergawe iWork/ 21 November 2013
Programmeertaal Objective-C, C, JavaScript
Bedryfstelsel Mac OS X, iOS[2]
Grootte op skyf 1.2 GG[2]
Kategorie Kantoorpakket
Lisensie Eiendomsagteware
Webblad iWork

iWork is ’n kantoorpakket van werkskermtoepassings wat geskep is deur Apple Inc. vir die Mac OS X en iOS-bedryfstelsels. Die eerste weergawe van iWork, iWork ’05 is in 2005 vrygestel. Die pakket is oorspronklik gebundel met Keynote, ’n vertoningstoepassing wat vroeër op sy eie bemark is, en Pages, ’n toepassing vir woordverwerking en bladuitleg.[1][3] In 2007 het Apple iWork ’08 bekendgestel met die toevoeging van Numbers, ’n sigbladtoepassing.[4] iWork sluit ook toegang in tot iWork.com, wat in iWork ’09 gebundel is (vrygestel op 6 Januarie 2009). iWork.com is ’n betadiens wat gebruikers in staat stel om dokumente aanlyn te deel met ander wat dit kan aflaai en kommentaar daarop lewer.[4] iWork integreer met bestaande toepassings van Apple se iLife-pakket deur die mediablaaier wat gebruikers in staat stel om musiek van iTunes, video’s van iMovie en foto’s van iPhoto en Aperture direk in iWork-dokumente te sleep en neer te sit.[1]

Hoewel iWork deur Apple gereken word as “ ’n opvolger vir AppleWorks”,[1] herhaal dit nie die funksionaliteit van AppleWorks se databasis en tekeninstrumente nie[5]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Apple stel iWork '05 bekend" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2011.
  2. 2,0 2,1 "iWork Stelselvereistes" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2014.
  3. "Apple stel Keynote bekend" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2011. Besoek op 2 Mei 2012.
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pr08
  5. "'n Inleiding tot Bento, die vermiste databasistoep wat iWork moes hê" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy