Indusskrif | ||||
’n Seëlafdruk met ’n tipiese inskripsie van vyf karakters. | ||||
Soort skryfstelsel | Onontsyfer | |||
Tyd gebruik | Bronstydperk 3500-1900 v.C.[1][2][3] | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Onbekend | |||
Stelsels | ||||
ISO 15924 | Inds, 610 | |||
|
Die Indusskrif, ook bekend as die Harappaskrif, is ’n korpus simbole van die Kot Diji- en die Ontwikkelde Harappa-tydperk van die Indusvalleibeskawing, tussen 3500 en 1900 v.C. Die meeste inskripsies wat hierdie simbole bevat, is baie kort en dit maak dit uiters moeilik om te bepaal of hulle deel van ’n skryfstelsel was om ’n taal op skrif te stel of selfs net ’n skryfstelsel simboliseer.[4]
Ondanks vele pogings[5] is die "skrif" nog nie ontsyfer nie, maar daar word steeds probeer. Daar is geen bekende tweetalige inskripsie wat sal kan help om dit verstaanbaar te maak nie, en dit lyk nie of die skrif mettertyd baie verander het nie. Die sintaks (as dit so genoem kan word) verskil egter van plek tot plek.[4]
Die eerste seël met Harappa-simbole is in 1875 gepubliseer, in ’n tekening deur Alexander Cunningham.[6] Sedertdien is meer as 4 000 voorwerpe met die simbole ontdek, sommige so ver weg as in Mesopotamië. In die vroeë 1970's het Iravatham Mahadevan ’n korpus en konkordansie van Indus-inskripsies gepubliseer met 3 700 seëls en 417 afsonderlike tekens in spesifieke patrone. Hy het ook gevind die gemiddelde inskripsie bevat vyf simbole, en die langste inskripsie in ’n enkele reël het uit net 14 simbole bestaan.[7] Hy het ook vasgestel daar is van regs na links geskryf.[8]
Sommige geleerdes soos G.R. Hunter,[9] S.R. Rao, John Newberry,[10] Krishna Rao,[11] en Subhash Kak[12] meen die Brahmi-skrif het die een of ander verbintenis met die Indusstelsel, terwyl ander soos Iravatham Mahadevan, Kamil Zvelebil en Asko Parpola reken dit hou verband met die Drawidiese tale.[13][14]
After a century of failing to crack an ancient script, linguists turn to machines.