Italianistiek

Die Venesiaanse Fondaco dei Tedeschi langs die Canal Grande was die verpligte handelsplek vir Duitse kooplui waar hulle ook kamers kon huur. Hulle kon uitsluitlik met Venesiane handel dryf, nie met ander buitelanders nie. Hul aktiweiteite is deur die Venesiaanse owerheid noukeurig dopgehou. Die huidige Fondaco dateer van 1508 nadat voorgangergeboue in 1318 en 1505 deur brande vernietig is[1]

Italianistiek of Italiaanse filologie is 'n studieveld binne die Romanistiek wat die Italiaanse standaardtaal (en sy dialekte) vanuit 'n taalkundige perspektief asook Italiaanse literatuur bestudeer. Dikwels word ook basiese kennis oor die geskiedenis, ekonomie, politiek, samelewing en kultuur van moderne Italië verskaf.

  1. Klaus Bergdolt: Deutsche in Venedig. Von den Kaisern des Mittelalters bis zu Thomas Mann. Darmstadt: Primus 2011, bl. 25

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy