Jeremia

Jeremia is die 24ste boek in die Bybel. Dit is in die Ou Testament, en was dus voor Christus geskryf. Jeremia (ca. 645- ca. 587 v.C.) was ʼn Bybelse profeet wie se optrede in Juda gekenmerk is deur sy skerp kritiek op die politieke en godsdienstige verhoudinge in sy land. Hy het sy hele lewe lank geveg teen die geestelike bekrompenheid, wat die oorsaak was van die uiteindelike val van Jerusalem. Die Bybelboek wat sy naam dra, is ingewikkeld en gevarieerd saamgestel en bevat baie biografiese gegewens oor die profeet self.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy