Jogurt

Jogurt

Jogurt is 'n suiwelproduk wat van vars melk berei word. Melksuurbakterieë (sogenaamde jogurtkulture) word vir die fermentasieproses gebruik wat die melk verdik en suur laat word. Dit is die fermentasie van laktose na melksuur en die gepaardgaande vorming van sekere geurstowwe wat aan jogurt sy spesifieke geur, smaak en tekstuur gee.

Jogurt word sowel in sy natuurlike ongegeurde toestand asook as versoete jogurt in verskillende geure, veral vrugtejogurt, bemark en is lankal 'n gewilde versnapering vir ontbyt.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy