Jump

Jump, oftewel jumpstyle, is 'n Belgiese substyl in die dance- en elektroniese musiekgenres, kenmerkend vir sy fokus op die harde bass. In die begin is jump beskou as 'n variant van die sneller en harder harcore, maar hierdie traer variant (toe so 'n 135 tot 140 bpm) het heel snel gegroei tot 'n waardige genre.

Die jumpgenre het ontstaan uit die oldschool, jungle en harcore van die jare begin '90. Daar is toe reeds al plate gemaak wat mens as jump sou kon omskryf (soos Speedy J - Pullover) (hierdie plate is destyds betiteld as oldschool of jungle), maar 'n aparte styl was jump toe nog nie. Dit het waarskynlik gebeur teen die einde van die jare '90 toe Da Boy Tommy en Da Rick saam die top 10-treffer "Ready to Rumble" uitgebring het. Einde 2004 het jump ook in Nederland langsaam opgekom. Omdat die sterk verwante musiekgenre hardstyle toe in Nederland gewild was, is jump in Nederland jumpstyle genoem, waarna België ook hierdie benaming hier en daar oorgeneem het. In die eerste jare van sy bestaan, was jump slegs in die Lae Lande gewild, maar later het sy aanhang ook na andere lande soos Frankryk en Duitsland versprei.

Jumpstyle verwys sowel na die musiek as die dans wat daarby gekom het en in baie lande word die genre jump meestal jumpstyle genoem. Beide benaminge word aanvaar. Huidig is jump besig om 'n herlewing te ondergaan. Deur die jare heen het die snelheid van die musiek toegeneem tot ongeveer 140 tot 145 bpm.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy