Kakamas

Kakamas
'n Waterwiel in Kakamas
'n Waterwiel in Kakamas
Kakamas is in Noord-Kaap
Kakamas
Kakamas
 Kakamas se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°48′S 20°39′O / 28.800°S 20.650°O / -28.800; 20.650
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikZF Mgcawu
MunisipaliteitKai !Garib
Stigting1898
Oppervlak
 • Totaal4,55 km2 (1,76 vk. myl)
Hoogte
670 m (2 200 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal9 538
 • Digtheid2 096/km2 (5 430/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense9.6%
 • Indiërs/Asiërs0.9%
 • Bruin mense81.6%
 • Swart mense7.0%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Afrikaans 93.5%
 • Tswana 2.3%
 • Engels 1.6%
 • Ander 2.7%
Poskode (strate)
8870
Skakelkode054
Japie Lutz, ontwerper van die kanaalstelsel uit die Oranjerivier by Upington en Kakamas.

Kakamas is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap, sowat 80 km suidwes van Upington. Dit is in 1898 gestig. Die N14 nasionale pad gaan deur Kakamas en kruis die Oranjerivier in Kakamas.

Die Hoërskool Martin Oosthuizen op die dorp word gereken as een van die oudste indien nie die oudste landbouskool in Suid-Afrika nie. Die skool het in 2020 sy eeufees gevier. Die skool is vernoem na Martin James Oosthuizen wat hoof was vanaf 1919 (toe nog laerskool) tot en met 1950.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kakamas". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy