Kaketoe

Kaketoe
Eolophus roseicapilla in Australië.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:
Cacatuoidea
Familie:
Cacatuidae
Tipegenus
Cacatua
Genera

Probosciger
Callocephalon
Nymphicus
Calyptorhynchus
Eolophus
Lophochroa
Cacatua

Huidige verspreiding – rooi
Onlangse vondste van fossiele – blou

’n Kaketoe is lid van een van 21 spesies papegaaie in die voëlfamilie Cacatuidae, die enigste familie in die superfamilie Cacatuoidea. Saam met die Psittacoidea (ware papegaaie) en Strigopoidea (groot Nieu-Seelandse papegaaie), maak hulle die orde Psittaciformes (papegaaie) uit. Die familie kom hoofsaaklik in Australasië voor, van die Filippyne en die Oos-Indonesiese eilande van Wallacea tot in Nieu-Guinee, die Solomon-eilande en Australië.

Kaketoes kan uitgeken word aan hul kuiwe en geboë snawels. Hul vere is gewoonlik minder kleurryk as dié van ander papegaaie – hulle is wit, grys of swart met dikwels gekleurde kenmerke aan die kuif, wange of stert. Hulle is gewoonlik groter as ander papegaaie, maar die kokketiel, die kleinste spesie, is ’n klein voël. Die filogenetiese posisie van die kokketiel is steeds onopgelos, behalwe dat dit een van die vroegste takke van die kaketoelyn is. Die oorblywende spesies word in twee hoofklades ingedeel. Die vyf groot, swart kaketoes van die genus Calyptorhynchus vorm een tak. Die tweede en grootste tak bestaan uit die genus Cacatua, wat 11 spesies wit kaketoes en vier monotipe-genera bevat wat vroeër afgetak het.

  1. ICZN (2000). "Opinion 1949. Cacatua Vieillot, 1817 and Cacatuinae Gray, 1840 (Aves, Psittaciformes): conserved". Bulletin of Zoological Nomenclature: 66–67.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy