Kalahari

Die Kalahariwoestyn
Nasa-Satellietbeeld van die Kalahariwoestyn
Die Kalahariwoestyn in Namibië

Die Kalahariwoestyn is 'n uitgestrekte dorre tot halfdorre sanderige gebied. Dit is geleë in suidelike Afrika, met 'n oppervlakte van ongeveer 900 000 km², wat 'n groot gedeelte van Botswana insluit, en dele van Namibië en Suid-Afrika. Die omliggende Kalaharibekken se oppervlakte strek oor meer as 2,5 miljoen km².

Die enigste permanente rivier is die Okavango. Dié rivier dreineer in 'n deltagebied wat uit moerasse bestaan en 'n ryke natuurlewe ondersteun. Daar bestaan ook antieke droë rivierbeddings – Omuramba genoem – dwarsoor die sentrale noordelike dele van die Kalahari wat poele water bevat tydens die reënseisoen. Die rivierbeddings is deesdae meestal weidingsareas waar minder wilde diere voorkom as vroeër. Daar was in die verlede 'n groot verskeidenheid diere soos olifante en kameelperde asook roofdiere soos leeus en jagluiperds.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy