Kalgoorlie

Kalgoorlie
Ligging van Kalgoorlie in Wes-Australië
Ligging van Kalgoorlie in Wes-Australië
Koördinate: 30°44′56″S 121°27′58″O / 30.74889°S 121.46611°O / -30.74889; 121.46611
StaatVlag van Australië Australië
Deelstaat Wes-Australië
Stigting1893
Oppervlak
 • Totaal103,1 km2 (39,8 vk. myl)
Hoogte
468 m (1 535 ft)
Bevolking
 • Totaal33 000
 • Digtheid273,9/km2 (709,4/vk. myl)
TydsoneUTC+8 (AWST)

Kalgoorlie-Boulder is 'n Wes-Australiese stad sowat 595 km oos-noordoos van Perth geleë is in die Oostelike Goudvelde van Wes-Australië. Die stad is in 1893 gestig tydens die Yilgarn-Goldfields goudstormloop en is naby aan die sogenaamde "Goue Myl".

Kalgoorlie-Boulder het amptelik stadstatus verkry met die samesmelting van die dorp Kalgoorlie en die Boulder Graafskap in 1989. Die stad het 'n bevolking van 28 246 mense, wat dit die grootste nedersetting in die Goldfields-Esperance streek maak en die vyfde grootste in Wes-Australië. Hierdie bevolkingsyfer word dikwels deur die plaaslike owerheid betwis wat meen dat die bevolking van die dorp ver oor 30 000 is en dat die sensus-syfers oor die algemeen nie die veranderende bevolkingsaard van die dorp in ag neem nie (gereelde trekarbeiders).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy