Karatara

Karatara
Karatara is in Wes-Kaap
Karatara
Karatara
Koördinate: 33°54′0″S 22°48′57″O / 33.90000°S 22.81583°O / -33.90000; 22.81583
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Hoogte
0,2 m (,6 ft)
TydsoneUTC+2 (SAST)

Karatara is 'n versameling van drie nie-aangrensende stedelike nedersettings noord van Sedgefield en 30 km (soos die kraai vlieg) buite die dorp Knysna in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika.[1][2] Die drie nedersettings heet Welsynsdorp, Bergvallei en Bosdorp. Karatara is op die plato geleë en word deur landbougrond en woud omring. Karatara val binne die jurisdiksie van beide die Eden-distriksmunisipaliteit en die Knysna-munisipaliteit. Die gebied het tot en met die plaaslike verkiesings van 5 Desember 2000 egter nog geen plaaslike regeringstatus gehad nie.

Barrington is 5 km oos en George 35 km wes van Karatara indien die kortste roete oor die padnetwerk gevolg word.[3]

  1. http://www.capegateway.gov.za/eng/directories/projects/14716/11639[dooie skakel]
  2. http://www.maplandia.com/south-africa/western-cape/knysna/karatara-settlement/
  3. http://www.routes.co.za/wc/karatara/index.html

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy