Kavitasie

Verstelbare skroef waarmee verskillende soorte kavitasie in 'n watertonnel bewerkstellig kan word.

Kavitasie (Latyn: cavitare "ondermyn") is die vorming en vernietiging van borrels in vloeistowwe deur drukveranderinge. Daar kan tussen twee grensgevalle onderskei word met baie oorgangsvorme daartussenin. By damp- of harde kavitasie bestaan die borrels hoofsaaklik uit die damp van die omliggende vloeistof. Sulke borrels sal dan onder die invloed van eksterne druk inplof. In sagte- of gaskavitasie bestaan die borrels uit opgeloste gasse in die vloeistof wat onder invloed van eksterne druk van grootte kan wissel maar nie vinnig vernietig word soos in die eerste geval nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy