Kimberley

Kimberley
Die stadskern oor die Groot Gat gesien
Die stadskern oor die Groot Gat gesien
Byname: 
Diamantstad
Kimberley is in Noord-Kaap
Kimberley
Kimberley
 Kimberley se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°44′31″S 24°46′19″O / 28.74194°S 24.77194°O / -28.74194; 24.77194
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikFrances Baard
MunisipaliteitSol Plaatje
Stigting5 Julie 1873[1][2]
Regering
 • BurgemeesterKagisho Dante Sonyoni (ANC)
Oppervlak
 • Totaal164,3 km2 (63,4 vk. myl)
Hoogte
1 184 m (3 885 ft)
Bevolking
 (2011)[3]
 • Totaal225 160
 • Digtheid1 370/km2 (3 500/vk. myl)
Demoniem(e)Kimberliete
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8,0%
 • Indiërs/Asiërs1,2%
 • Bruin mense26,8%
 • Swart mense63,1%
 • Ander0,9%
Taal (2011)
 • Afrikaans 43,2%
 • Tswana 35,8%
 • Engels 8,7%
 • Xhosa 6,0%
 • Ander 6,3%
Poskode (strate)
8301
Poskode (posbusse)
8300
Skakelkode053

Kimberley is die hoofstad en grootste stad van die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap met 'n bevolking van sowat 225 000 in 2011 (insluitende townships). Die plek waar Kimberley sou ontwikkel, het in 1871 wêreldwyd opslae gemaak ná die ontdekking van 'n diamantveld. Die mynboubedrywighede, wat hier vinnig ontwikkel het, gee onder meer aanleiding tot die industrialisering van Suid-Afrika. Kimberley staan derhalwe bekend as Diamantstad. In 1881 is die eerste aandelebeurs in Afrika in die stad gestig.[4] Kimberley maak op 2 September 1882 ook geskiedenis as die eerste stad in Suid-Afrika en die Suidelike Halfrond asook die tweede in die wêreld na Philadelphia, Pennsilvanië, in die Verenigde State met elektriese gloeilampstraatverligting – op 'n tydstip toe Londense strate nog met gaslampe belig is.[5] Kimberley staan ook bekend vir die beleg tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die Britse sakemanne Cecil Rhodes en Barney Barnato het hul rykdom in Kimberley begin en Rhodes het die De Beers-diamantmaatskappy in die vroeë dae van die mynstad gestig. Kimberley en die aanliggende Beaconsfield is in 1912 verenig onder een dorpsbestuur en het in Desember daardie jaar stadstatus verwerf.

Die Groot Gat

Alhoewel die stad nie langs die belangrike toeristeroete van Suid-Afrika lê nie, is dit saam met Upington die poort na Suid-Afrika se "Wilde Weste" en na Namibië, met Namakwaland, die Augrabieswaterval, die Kgalagadi-vredespark (voorheen die Kalahari-Gemsbokpark), en die Namibwoestyn met die Visrivier-canyon as die belangrikste toeristebestemmings.

  1. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 22 September 2016.
  2. (en) Evans, Owain. "Chronological Order of Town Establishment in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Som van die hoofplekke Roodepan, Galeshewe en Kimberley Sensus 2011.
  4. (en) "17 Things You Didn't Know Were Invented By South Africans". AFKInsider. 9 Februarie 2017. Besoek op 24 Augustus 2024.
  5. (en) Eskom: Electricity in South Africa – Early Years. Besoek op 21 Maart 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy