Kleinkolmuskeljaatkat

Kleinkolmuskeljaatkat
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
G. genetta
Binomiale naam
Genetta genetta
Linnaeus, 1758
Verspreiding

Die kleinkolmuskeljaatkat of kleinkolmuskejaatkat (Genetta genetta) is 'n karnivoriese soogdier wat dwarsoor Afrika aangetref word, sowel as in dele van die Midde-Ooste en Europa (spesifiek Spanje, die Baleariese Eilande en dele van Frankryk).

'n Gemiddelde volwasse kleinkolmuskeljaatkat het 'n massa van 2 kg, 'n lengte van 95 cm en 'n hoogte van 20 cm en verskil slegs in die kleur van sy kolle van rooikolmuskeljaatkat.

Die kleinkolmuskeljaatkat vang ander klein soogdiere en voëls en sal ook kuikens uit neste opraap. Dié wat naby water woon sal ook soms padda's vang en eet. Kleinkolmuskeljaatkatte is sluipjagters en dood hulle prooi met 'n vinnige byt aan die nek. Hulle skerp kloue help hulle om hulle prooi neer te pen.

Die wyfie is vir 10-11 weke dragtig, waarny sy geboorte gee aan een tot drie kleintjies. Die kleintjies is aanvanklik blind en hulpeloos. 'n Kleinkolmuskeljaatkat het 'n moontlike lewensduur van 12 tot 13 jaar.

  1. Herrero, J. & Cavallini, P. (2008). Genetta genetta. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 06 Junie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy