Kodak

Eastman Kodak Company
Kodak se hoofkwartier in Rochester, New York, Verenigde State van Amerika
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 4 September 1888
Hoofkantoor Rochester, New YorkVerenigde State
SleutelpersoneJeffrey J. Clarke (hoof uitvoerende beampte)
James V. Continenza (voorsitter)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieDigitale beelde, fotografie, mobiele toestelle
ProdukteDigitale beelde en fotografiese materiaal, toerusting en dienste
InkomsteVS$1,798 miljard (2015)[1]
BedryfsinkomsteVS$2 miljoen (2015)[1]
Netto inkomsteVS$–211 miljoen (verlies)(2015)[1]
BatesVS$2,138 miljard (2015)[1]
Werknemers6 500 (2015)[2]
Webwerfkodak.com

Die Eastman Kodak Company, algemeen bekend as Kodak, is 'n Amerikaanse tegnologiemaatskappy wat fokus op beeldprodukte, met sy historiese basis in fotografie. Die maatskappy se hoofkwartier is in Rochester, New York, Verenigde State van Amerika en geïnkorporeer in New Jersey.[3] Dit is deur George Eastman gestig in 1888.

Kodak bied verpakking, funksionele druk, grafiese kommunikasie en professionele dienste vir besighede regoor die wêreld. Sy vernaamste besigheidsegmente is digitale druk & onderneming en grafika, vermaak en kommersiële films.[4][5] Dit is die bekendste vir hul fotografiese filmprodukte. Vir die grootste deel van die 20ste eeu het Kodak 'n dominante posisie gehandhaaf in die fotografiese filmmark. Die maatskappy se alomteenwoordigheid was so groot dat sy leuse "Kodak oomblik" in die gemeenskaplike leksikon beskryf is as 'n persoonlike gebeurtenis wat aangeteken moes bly vir die nageslag.[6]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Eastman Kodak Company". US: Securities and Exchange Commission. 2015.
  2. "Kodak leaders outline plans, outlook - Rochester Business Journal New York business news and information" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  3. "Certificate of amendment to the restated certificate of incorporation of Eastman Kodak company" (PDF). New Jersey division of revenue. 8 Junie 2005. Besoek op 7 Januarie 2008.
  4. "DISCLOSURE STATEMENT FOR DEBTORS' JOINT PLAN OF REORGANIZATION UNDER CHAPTER 11 OF THE BANKRUPTCY CODE". 30 April 2013. Besoek op 1 Oktober 2013.
  5. "Kodak Announces Emergence From Bankruptcy" (in Engels). 3 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2013. Besoek op 2 Oktober 2013.
  6. Rees, Jasper (20 Januarie 2012). "The end of our Kodak moment" (in Engels). The Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2012. Besoek op 20 Januarie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy