Konjak

Kaart van die Konjakstreek

Konjak is 'n Franse brandewyn met 'n wêreldwye, trotse reputasie. Dit word vervaardig in die wynmaakgebied rondom die stad Cognac waarna dit vernoem is, in die Franse Departemente Charente en Charente-Maritime.

Vir 'n gedistilleerde brandewyn om die naam Konjak te dra, moet sy produksiemetodes voldoen aan sekere wetlike vereistes. In die besonder, moet dit gemaak word van spesifieke druiwe, waarvan Ugni blanc, plaaslik bekend as Saint-Emilion, die meeste gebruik word. [1] Die brandewyn moet twee keer gedistilleer word in 'n koper potketel en verouder word vir minstens twee jaar in Franse eikehoutvate van Limousin of die Tronçais-woud. Konjak word op dieselfde manier as whiskey en wyn verouder in houtvate, en die meeste konjak is aansienlik langer as die minimum wetlike vereiste verouder.

  1. Bespaloff, Alexis (14 Maart 1977). "The Noblest Brandy of them All". New York (tydskrif). p. 79.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy