Krimbrug

[toggle view]

Die nuwe brug word deur die rooi lyn aangedui. Die bestaande roete van die veerboot is in blou.

Die Krimbrug in 2019

Die Krimbrug[1] (Russies: Крымский мост, Krimski most, [ˈkrɨmskʲij most]; Oekraïens: Міст через Керченську протоку) is twee parallelle brûe met lane vir motors en treine wat die Russiese Federasie oor die Kertsj-straat na die Krim gebou het en wat nou gedeeltelik vernietig is. Dit strek tussen die Krim se Kertsj-skiereiland en die Taman-skiereiland in Rusland se Krasnodar-krai. Met 'n lengte van 18,1 km is dit die langste brug in Europa.[2]

Die kontrak vir die bou van die brug is in Januarie 2015 aan Arkadi Rotenberg se SGM-groep toegeken. Bouwerk het in Mei 2015 begin; die padbrug is op 15 Mei 2018 geopen en die spoorbrug is in 2019 geopen. Vanaf die somer van 2020 sal ook vragtreine op die brug kan ry.

Die brug het sy amptelike naam gekry ná ’n aanlyn stemming in Desember 2017, met "Kertsj-straatbrug" in die tweede plek.[3] Pres. Wladimir Poetin het die perseel op 14 Maart 2018, kort voor die Russiese presidentsverkiesing, besoek om die vordering te inspekteer van wat baie mense "Poetin se Brug" gedoop het.[4]

Die brug se bou is 'n omstrede saak, omdat dit die Russiese Federasie verbind met die Krim wat steeds deur Oekraïne opgeëis word nadat Rusland dit ingelyf het. Die boukoste was die hoogstes ooit vir 'n brugprojek in Rusland - onder meer vanweë die geologiese besonderhede van die gebied waarin dit ontstaan het. Aangesien dit seismies aktief is, is die brug ontwerp om ook sterker aarbewings te kan weerstaan. Die sagte grond het vereis dat steunpilare sowat 100 meter diep in die seebodem ingedryf moes word.[5]

Op 8 Oktober 2022 was daar 'n groot ontploffing op die brug wat deel van die padseksie laat instort het en veroorsaak het dat van die olietenkskepe op die spoorlynseksie aan die brand geslaan het. Die voorsitter van die staatsraad van die Krim, Wladimir Konstantinof, het die ontploffing aan 'n Oekraïense aanval toegeskryf.[6][7] [8]

  1. (en) "Crimea Bridge: A Real Exclusive, and more to come!!". Thethruthspeaker.co. 28 Oktober 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 13 Desember 2017.
  2. "Рекорд России и Европы: как строили Крымский мост". NTV (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2020. Besoek op 16 Mei 2018.
  3. (en) "'Crimean Bridge' Tops Online Vote To Name Kremlin's Mega-Project". The Moscow Times. Besoek op 19 Januarie 2018.
  4. "With Days to Go Until Election, Putin Visits Crimea". The Moscow Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2019. Besoek op 16 Maart 2018.
  5. Moskauer Deutsche Zeitung, 10 Februarie 2020: Lang, hoch, teuer: Russlands kostspieligste Brücken. Besoek op 12 Februarie 2020
  6. "Crimean bridge: Explosion is 'the beginning', says Zelensky adviser". BBC. 8 Oktober2022. {{cite web}}: Gaan datum na in: |date= (hulp)
  7. Ritchie, Hannah; Lister, Tim (8 Oktober 2022). "Massive explosion cripples Crimea's Kerch bridge, Russian officials say".
  8. "Crimean bridge: Excitement and fear in Ukraine after bridge blast". BBC news.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy