Krommepassing

Krommepassing is die vind van 'n kromme wat die beste pas by 'n reeks datapunte en ander moontlike voorwaardes. Hierdie artikel kan beskou word as 'n inleiding tot interpolasie (waar 'n presiese passing tot voorwaardes verwag word) en regressie-analise. Beide tegnieke word soms gebruik vir ekstrapolasie. Regressie-analise maak dit moontlik om 'n benaderde passing te verkry deur die verskil tussen datapunte en die kromme te minimeer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy