Kroonblaar

’n Tulp se blom het drie kroon- en drie kelkblare.

Kroonblare is aangepaste blare wat die voortplantingsdele van blomme omring. Hulle het dikwels helder kleure of buitengewone vorms om insekte te lok. Al die kroonblare van ’n blom word saam die blomkroon genoem. Daar is gewoonlik ook ’n ander stel blare, bekend as kelkblare, wat saam die blomkelk vorm. Die blomkroon en blomkelk vorm saam die blomdek. Wanneer die kroon- en kelkblare moeilik van mekaar onderskei kan word, word dit saam die blomdekblare genoem. Voorbeelde van plante waar van blomdekblare gepraat word, is genera soos Aloe en Tulipa. In teenstelling daarmee het genera soos Rosa en Phaseolus kroon- en kelkblare wat goed onderskeibaar is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy