Laetemperatuurfisika

Die term lae temperature word in die laetemperatuurfisika gebruik om die laagste moontlike temperature, dit wil sê temperature baie naby aan die absolute nulpunt (0 K), aan te dui. By sulke lae temperature verskil die gedrag van 'n stof (as 'n fisies stelsel) heelwat van die gedrag daarvan by kamertemperatuur.

By die absolute nulpunt is daar veral twee interessante verskynsels wat maar eers aan die begin van die 20e eeu ontdek is, naamlik die supergeleiding van warmte en elektriese stroom in metale en die wrywinglose vloei (supervloeibaarheid) van vloeibare helium. Hoewel die kwantummeganika heelwat daartoe bydra om hierdie verskynsels te verklaar, kan geen volledige verklaring nog daarvoor gegee word nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy