Landengte

Die Landengte van Panama verbind Noord- en Suid-Amerika.

'n Landengte (Engels: isthmus van die Grieks ισθμός, isthmos)[1] is 'n nou strook land wat aan beide kante deur water begrens word en twee groot landmassas aan mekaar verbind. Dit is die omgekeerde van 'n seestraat (wat tussen twee landmassas lê en twee groter waterliggame verbind).

Landengtes is natuurlik geskikte plekke om kanale te bou. Die Panamakanaal, wat die Atlantiese en Stille Oseane verbind, verminder skeepsreistyd tussen die oos- en weskus van die Amerikas drasties. Die Suezkanaal is nog 'n voorbeeld - dit laat verskeping tussen Europa en Asië toe sonder om óm die suidpunt van Afrika te vaar.

  1. isthmus. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy