Landkuns

Spiral Jetty deur Robert Smithson vanaf Rozel-punt, in middel April 2005

Landkuns, aardwerke (terme deur Robert Smithson geskep) of aardkuns is 'n kunsbeweging waarin landskappe en kunswerke onlosmaaklik verbind is. Hierdie kunswerke word in die natuur geskep en bestaan uit 'n kombinasie van natuurlike materiale soos grond, rotse (bodemrots, rotsblokke, klippe), organiese mediums (stompe, takke, blare) en water, sowel as vervaardigde materiale soos beton, metaal, teer of minerale pigmente. In plaas daarvan dat beeldhouwerke in 'n landskap opgerig word, vorm die landskap deel van die wyse waarop die werke geskep word. Daar word dikwels van grondverskuiwingstoerusting gebruik gemaak. Die werke word gewoonlik op afgeleë plekke, ver van bewoonde gebiede aangetref waar dit deur wind en weer verweer word. Baie van die eerste werke wat in die woestyne van Nevada, New-Mexiko, Utah of Arizona geskep is, was efemeries van aard en bestaan vandag slegs as video-opnames of fotografiese dokumente.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy