Langtone

Langtone
Irediparra gallinacea
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Jacanidae

Stejneger, 1885
Genera

Sien teks.

Die langtone (Jacanidae) is 'n familie van tropiese watervoëls wat aan die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes) behoort. Die familie omvat 8 spesies.[1]

Hierdie voëls word gekenmerk deur hulle pote met besonder lang tone. Dit stel hulle in staat om maklik oor drywende waterplante te loop. Die wyfies is groter as die mannetjies, maar verder is daar nie regtig uiterlike verskille tussen die geslagte nie.

Langtone bou (net soos dobbertjies) drywende neste wat gewoonlik aan 'n nabygeleë plant geanker is sodat dit nie kan wegdryf nie.

Daar is 2 spesies in Suider-Afrika, wat by strandmere en stil binnelandse waters aangetref word. 'n Eienaardige kenmerk van die voëls is dat hulle hul eiers onder hul vlerke uitbroei en soms ook hul kuikens onder die vlerke ronddra.

  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy